AANSOEK
OM LIDMAATSKAP
Aansoek
om lidmaatskap moet gedoen word op die voorgeskrewe aansoekvorm en kan
afgelaai word by die betrokke skakel onder aan die bladsy. Aansoeke is
onderhewig aan die aanvaarding van voorwaardes soos vervat hieronder en
in die aansoekvorm.
Ledegeld beloop R500
per jaar of R50 per maand (studente is gratis).
Voorwaardes
vir lidmaatskap
-
Ek
verklaar dat ek myself onderwerp aan die bepalings van die Grondwet
van die vereniging en dat ek die doelstellings van die vereniging
en die bedrywighede van die vereniging onderskryf
-
Ek
onderneem om my verpligtinge in terme daarvan stiptelik na te kom
en om alles in my vermoë te doen om die vereniging se doelstellings
en werksaamhede uit te leef en te bevorder.
-
Ek
onderwerp my onvoorwaardelik aan die gesag van die beheerraad en die
komitees van die vereniging en onderneem om die beslissings daarvan
in terme van die vereniging se grondwet, te aanvaar en te erken.
-
Ek
aanvaar dat ek geen outomatiese reg het om as lid van die vereniging
toegelaat te word nie en dat die goed- of afkeuring van my aansoek
binne die uitsluitlike diskresie van die beheerraad van die vereniging
val.
Aansoekvom: Laai
hier af
|