Nuwe organisasie gestig in Tygerberg, Universiteit van Stellenbosch om Afrikaans op die Mediese Kampus te bevorder nl
TBAK:
Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans in die Klaskamer

Lees verderItem 33 op Artikellys

 

TUISBLAD

Die Geneeskundige en Tandheelkundige Raad, sowel as die Gesondheidsberoepe Raad word oorheers deur anderstalige Regeringsondersteuners wat deur die Regering aangestel word. Die lede wat deur geneeshere en tandheelkundiges verkies word is in die minderheid.

Die gevolg hiervan is dat die gebruik van Afrikaans afgeskaf is en alles in Engels geskied. Dieselfde optrede word in Staatsdepartemente gevolg en onlangs het die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria aangekondig dat lesings en kursusse voortaan in Engels aangebied sal word

‘n Aantal geneeshere van Pretoria het byeengekom en die Afrikaanse Geneeshere Vereniging (A.G.V.) gestig (Dit gee terselfdertyd erkenning aan Dr. A.G. Visser, een van ons vroeë Afrikaanse Geneeshere, wat met sy digkuns bale vir Afrikaans gedoen het).

Die doelstellings van die A.G.V. is:

  • Om Afrikaans te bevorder op alle vlakke in die samelewing waar geneeskunde ter sprake is.
  • Om druk uit te oefen op Owerheidsinstansies, Universiteite, Rade, Hospitale, Siekefondse, Farmaseutiese Maatskappye ens. om miskenning en afskaffing van Afrikaans te staak en om erkenning aan Afrikaans te gee en op gelyke vlak met Engels te gebruik.
  • Om as spreekbuis op te tree vir Afrikaanse geneeshere.
  • Om lesings en kursusse ter verkryging van punte vir verpligte voortgesette professionele ontwikkeling vir geneeshere in Afrikaans aan te bied.
  • Om Afrikaanse studente te ondersteun ten einde keuring te verkry ter toelating tot die Universiteits-kursus in Geneeskunde
  • Om ons te beywer om studiebeurse te verkry vir Afrikaanse studente in Geneeskunde
  • Om die stigting van ‘n Afrikaanse Skool vir Geneeskunde te oorweeg en te ondersoek indien dit blyk dat die Fakulteit Geneeskunde van die Universiteit van Pretoria onherroeplik verlore is vir ons Afrikaners.

‘n Grondwet vir die A.G.V. is opgestel met bogenoemde doelstellings vervat.

Om 'n kopie van AGV se beleid en grondwet te bekom, rig navrae aan
Dr E Theunissen by: erich@lantic.net

 


| TUISBLAD | NUUS | KURSUSSE | ARTIKELS | KONTAK | LIDMAATSKAP |
| BELANGRIKE SKAKELS |

 
Webwerf ontwerp en onderhou deur Exodon • 012 993 3260 • 082 4995491• exodon@iafrica.com